Robey Leibbrandt
by Albert Blake
2020-12-29 20:19:00
Die Suid-Afrikaanse Olimpiese bokser ROBEY LEIBBRANDT is gedurende die Tweede Wêreldoorlog deur die Naziâs op ân epiese tog in ân klein seiljag van Europa na Suid-Afrika gestuur. Sy missie? Om in opdrag van die Duitse militêre ge...
Read more
Die Suid-Afrikaanse Olimpiese bokser ROBEY LEIBBRANDT is gedurende die Tweede Wêreldoorlog deur die Naziâs op ân epiese tog in ân klein seiljag van Europa na Suid-Afrika gestuur. Sy missie? Om in opdrag van die Duitse militêre geheimediens as skakel tussen die Naziâs en die Ossewabrandwag te dien. Leibbrandt het ook sy eie planne gehad om ân sluipmoord op eerste minister Jan Smuts uit te voer en die regering omver te werp. Leibbrandt het ân aanhanger van nasionaal-sosialisme geword toe hy in 1936 vir Suid-Afrika aan die Olimpiese Spele in Berlyn deelgeneem het. Hy is daarna deur die Duitse militêre geheimediens gewerf en het intensiewe sabotasieopleiding ontvang. Wie was hierdie man wat uiteindelik aan hoogverraad skuldig bevind en ter dood veroordeel is? Dié biografie deur die bekroonde skrywer Albert Blake werp nuwe lig op hierdie enigmatiese figuur en die fanatisme wat hom aangevuur het.
Less